Skip to content

Sokker: Voormalige Bafana-middelveldspeler meen Pitso Mosimane moet nuwe afrigter word

# Sokker: Die voormalige Bafana Bafana-middelveldspeler Alex Bapela meen dis tyd vir afrigter Hugo Broos om te vertrek, en Pitso Mosimane om hom op te volg. Mosimane het Suid-Afrika van 2010 tot 2012 afgerig en sy laaste afrigtingspos in Iran het verlede jaar geëindig. Broos se kontrak het verstryk met Bafana se uitskakeling uit die Wêreldbekertoernooi, maar hy is blykbaar bereid om aan te bly. Bapela sê dis tyd vir ‘n nuwe era en die beheerliggaam, SAFA, moet ‘n afrigter aanstel wat oor die langtermyn kan lei.