# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het ʼn voorlopige groep van 48 spelers aangekondig om Nigerië en Lesotho volgende maand te pak in twee Wêreldbeker-kwalifiseerders. Die middelveldspeler Sipho Mbule is een van 13 spelers van Orlando Pirates in die groep wat ook tien spelers van Mamelodi Sundowns insluit, waaronder Ronwen Williams en Fawaaz Basadien. Bongouhle Hlongwane, wat tans oorsee speel vir Minnesota United, is ook in die groep. Bafana Bafana loop met 13 punte voor in Groep C ná ses kwalifiseerders.
Sokker: Voorlopige Bafana-groep vir Wêreldbeker-kwalifiseerwedstryde teen Nigerië en Lesotho aangekondig