# Sokker: Liverpool se kaptein, Virgil van Dijk het hom tot die Engelse Premierliga-klub verbind deur ’n nuwe tweejaar-kontrak te onderteken. Die Nederlandse speler volg Mohamed Salah en maak ’n einde aan maande se spekulasie deur sy kontrak by Anfield te verleng. Van Dijk het ‘n belangrike bydrae gelewer om Liverpool weer ‘n topspan te maak sedert hy in Januarie 2018 van Southampton af daar aangekom het. Hy het in 314 wedstryde vir die klub gespeel en die Premierliga, Kampioeneliga, FA-beker, twee Liga-bekers, die UEFA-Superbeker en die Klubwêreldbeker gewen.
Sokker: Van Dijk sluit aan by Salah en verleng sy kontrak met Liverpool