# Sokker: Fifa het aangekondig dat Los Angeles FC en Club América in ‘n eenmalige uitspeelwedstryd sake gaan uitspook om te bepaal wie Club León sal vervang in die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika. Die klub het sy appèlsaak in die Arbitrasiehof vir Sport verloor. Fifa het in Maart beslis dat Club León en nog ‘n Mexikaanse klub, Pachuca, nie aan die reëls vir multi-klub-eienaarskap voldoen nie. Die wenner van die uitspeelwedstryd sal in Groep D meeding met Chelsea, Flemengo en Esperance Sportive de Tunis.
Sokker: Uitspeelwedstryd sal bepaal wie Club León se plaasvervanger in Klub-Wêreldbekertoernooi sal wees