Skip to content

Sokker: UEFA vra verskoning nadat wennersmedaljes opraak ná Europaliga-eindstryd

# Sokker: Die Europese beheerliggaam UEFA het verskoning gevra omdat die wennersmedaljes opgeraak het nadat Tottenham Hotspur vir Manchester United 1-0 verslaan het in Woensdag se Europaliga-eindstryd in Bilbao, Spanje. Meer van Tottenham se spelers as wat verwag is het opgedaag vir die medalje-seremonie – insluitend beseerde spelers wat nie gespeel het nie. Kaptein Son Heung-min en twee spanmaats het nie medaljes ontvang nie. Son het toe die trofee gelig sonder ‘n medalje om sy nek. UEFA sê hulle het die medaljes kort daarna in Tottenham se kleedkamer afgelewer.