Skip to content

Sokker: UEFA veroordeel FIFA se besluit oor Balogun

# Sokker: Die Europese beheerliggaam, UEFA het teen FIFA se besluit uitgevaar om die Amerikaanse doelskieter Folarin Balogun se rooikaart in die Wêreldbeker-toernooi te herroep nadat president Donald Trump FIFA-president Gianni Infantino gevra het om die saak te hersien. UEFA sê FIFA het ‘n rooi lyn oorgeskry en die integriteit van die spel ondermyn met ‘n ongekende, onbegryplike en onregverdigbare besluit. Balogun is afgestuur tydens Amerika se oorwinning oor Bosnië-Herzegowina in die rondte van 32. Die besluit het FIFA se dissiplinêre proses in die kollig geplaas en woedende reaksie ontlok.