Skip to content

Sokker: Tweede wedstryd in MTN8-halfeind tussen Sundowns and Pirates uitverkoop

# Sokker: Kaartjies vir die tweede wedstryd in die MTN8-halfeindronde is uitverkoop. Die wedstryd tussen Mamelodi Sundowns en Orlando Pirates by die Lucas Moripe-stadion begin Saterdag om 3 nm. Die eerste wedstryd het een-elk gelykop geeïndig, nadat Sundowns die vroeë voorlopers was na ‘n doel van Teboho Mokoena, voordat Kamogelo Sebelebele die gelykmaker vir Pirates aangeteken het. Albei spanne speel Woensdag ligawedstryde voor die groot wedstryd. ‘n Wenner moet bepaal word om te sien wie in die eindstryd teen Sekhukhune of Stellenbosch gaan speel.