Skip to content

Sokker: Twee Suid-Afrikaanse skeidsregters op die finale lys van wedstrydbeamptes vir die Wêreldbeker

# Sokker: Die Suid-Afrikaanse skeidsregter Abongile Tom is aangewys as een van die wedstrydbeamptes vir die komende Wêreldbekertoernooi in Amerika, Mexiko en Kanada. Nog ‘n plaaslike blaser, Zakhele Siwela, sal as assistent-skeidsregter optree. Altesaam 52 skeidsregters, 88 assistent-skeidsregters en 30 video-wedstrydbeamptes is gekies. Dit sal Tom se eerste Wêreldbekertoernooi wees en Siwela se derde nadat hy in 2018 en 2022 ook langs die veld was. Vanjaar se toernooi is die grootste ooit, met 48 spanne wat 104 wedstryde sal speel.