# Sokker: Tottenham Hotspur het Manchester United 1-0 geklop in Bilbao, Spanje, om die Europaliga-eindstryd te wen. Brennan Johnson se doel in die eerste helfte was bepalend en Tottenham het sy eerste trofee in 17-jaar gewen. Ange Postecoglou se span kwalifiseer daarmee vir volgende seisoen se Kampioeneliga. United sal volgende seisoen aan geen Europese kompetisies deelneem nie – die tweede keer sedert Engelse klubs in 1990 weer by die beheerliggaam UEFA toegelaat is.
Sokker: Tottenham verbreek bekerdroogte deur Europaliga te wen