Skip to content

Sokker: Teenstand vir Conmebol se voorstel van 64-spanne in 2030 Wêreldbeker

# Sokker: Verskeie beheerliggame verskil van die Suid-Amerikaanse federasie, Conmebol, oor die uitbreiding van 2030 se Wêreldbekertoernooi vir mans na 64 spanne. Die beheerliggaam van Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande, Concacaf, UEFA in Europa en AFC in Asië is daarteen gekant. Hulle sê volgende jaar se toernooi in Noord-Amerika moet eers plaasvind, wat reeds uitgebrei word van 32 na 48 spanne. Die wêreldliggaam, Fifa, gaan die voorstel volgende maand bespreek. Die toernooi word in 2030 aangebied deur Spanje, Portugal en Marokko, met sommige wedstryde in Suid-Amerika.