Skip to content

Sokker: Swede stel Chelsea se voormalige afrigter Graham Potter aan om nasionale span af te rig

# Sokker: Die voormalige afrigter van Chelsea, Graham Potter, is aangestel as afrigter van Swede se nasionale span nadat Jon Dahl Tomasson verlede week afgedank is. Tomasson se kontrak is beëindig nadat sy span slegs ‘n enkele punt kon verdien in die eerste vier Wêreldbeker-kwalifiseerders. Die beheerliggaam sê Potter, wat verlede maand deur die Premierliga-klub West Ham afgedank is, moet die span met die ster-doelskieter Alexander Isak omdraai en probeer om te kwalifiseer vir volgende jaar se toernooi in Amerika, Kanada en Mexiko.