# Sokker: Aanhangers maak gereed vir ‘n opwindende halfeindstryd in die Afrika-Kampioeneliga nadat Mamelodi Sundowns die Tunisiese span Espérance beperk het tot ‘n doellose gelykopstryd in Rades. ‘n Reuse-stryd lê nou voor teen die verdedigende kampioen, Al Ahly. Sundowns se oorwinning van 1-0 in die eerste ronde in Tshwane was genoeg om hulle die derde agtereenvolgende jaar ‘n plek in die halfeindronde te besorg. Intussen pak die Egiptiese span Pyramids die wenner van vandag se wedstryd tussen Orlando Pirates en Mouloudia Alger. Pirates is 1-0 voor.
Sokker: Sundowns pak Al Alhy in Kampioeneliga- halfeindstryd na gelykopstryd teen Espérance