# Sokker: Mamelodi Sundowns hoop om vir die laaste 16 van die Klub-Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer deur Borussia Dortmund vanaand in Cincinnati, Amerika, te klop. Die Brazilians is boaan Groep F met drie punte ná ’n oorwinning van 1–0 oor Ulsan danksy ‘n doel deur Iqraam Rayners. Die doelskieter sê hulle moet kalm bly en takties gedissiplineerd wees. Dortmund is onoorwonne in agt wedstryde terwyl Sundowns slegs een keer in hulle laaste 27 wedstryde verloor het. Dit is die spanne se eerste kragmeting. Die wedstryd begin vanaand ses-uur, Suid-Afrikaanse tyd.
Sokker: Sundowns kan ‘n plek in laaste 16 van die Klub-Wêreldbeker beklink met ‘n oorwinning oor Dortmund