# Sokker: Suid-Afrika se nasionale Onder-20-mansspan het die Demokratiese Republiek die Kongo met 1-0 verslaan om hul plek in die Afrikanasiesbeker se halfeindronde te verseker. Thabang Mahlangu het die wedstryd se enigste doel in die 105de minuut aangeteken om die sege te beklink. Die Amajitas se oorwinning beteken dat hulle vir die FIFA Onder-20-wêreldbeker kwalifiseer wat van 27 September tot 19 Oktober in Chili aangebied word. Nigerië, Marokko en Egipte het ook gekwalifiseer.
Sokker: Suid-Afrika se Onder 20-span kwalifiseer vir Wêreldbeker in Chili