Skip to content

Sokker: Suid-Afrika goed op dreef op Onder-17 Wêreldbeker vir mans 

# Sokker: Suid-Afrika het die Onder-17 FIFA-Wêreldbekertoernooi vir mans op ʼn hoë noot afgeskop met ʼn sege van 3-1 oor Bolivië in Doha, Katar. Emile Witbooi, Neo Bohloko en die plaasvervanger Shaun Els se doele het die Amajimbos se heel eerste oorwinning in slegs hul tweede verskyning in ʼn Wêreldbekertoernooi sedert 2015 beklink. Afrigter Vela Khumalo se span het ook geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaanse nasionale span te word wat hul openingswedstryd op ʼn Wêreldbekertoernooi wen. Amajimbos pak Donderdag die gasheer, Katar.