# Sokker: Suid-Afrika is deur na die halfeindronde van die COSAFA-bekerkompetisie na gister se doellose wedstryd teen Mauritius in Bloemfontein. Vela Khumalo se span is nou voor in Groep A, na Zimbabwe se oorwinning van 3-1 oor Mosambiek. Suid-Afrika sal in die halfeindronde teen die wenner van Groep D te staan kom. Khumalo erken sy span het belangrike geleenthede verbrou, maar bly steeds positief. Dit is die eerste keer sedert 2023 dat Suid-Afrika na die halfeindronde deurdring.
Sokker: Suid-Afrika deur na halfeindronde van COSAFA-Beker na doellose wedstryd teen Mauritius