# Sokker: 2010 se kampioen, Spanje, en België gaan mekaar in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi ontmoet. Mikel Merino se doel in die doodsnikke in Dallas het Spanje ‘n oorwinning van 1-nul oor Portugal besorg in die ronde van 16. Portugal se afrigter, Roberto Martinez, het daarna bedank, terwyl kaptein Cristiano Ronaldo reeds vroeër aangekondig het dit sal sy laaste toernooi wees. België het die mede-gasheer, Amerika, in Seattle 4-1 geklop danksy Charles de Ketelaere se twee doele en een elk deur Hans Vanaken en Romelu Lukaku.
Sokker: Spanje klop Portugal, België skakel VSA uit om kwarteindronde te haal