# Sokker: Die huidige kampioen, Spanje, Frankryk en Denemarke het by Duitsland aangesluit en regstreeks gekwalifiseer vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi vir vroue in Brasilië. Spanje het Ysland 6-1 geklop, Frankryk het ‘n naelskraapse oorwinning van 1-nul oor Ierland behaal, en die Dene het Serwië oortuigend 4-1 verslaan , terwyl Duitsland Slowenië 2-0 geklop het in hul laaste kwalifiseringswedstryd. Engeland, Oostenryk, Ysland, Italië, Nederland, Noorweë, Pole, Ierland, Serwië, Slowenië en Swede het intussen vir die uitspeelwedstryde gekwalifiseer. Die loting sal volgende Donderdag plaasvind.
Sokker: Spanje, Frankryk, Denemarke en Duitsland kwalifiseer vir Vroue-Wêreldbekertoernooi