# Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, sê die Premierliga-titel-oorwinning op Anfield was een van die beste dae van sy lewe. Die Reds het Tottenham Sondag met 5-1 verpletter vir ‘n rekord 20ste Engelse liga-titel met vier wedstryde oor en hulle het ‘n sensasionele atmosfeer op hul volgepakte tuisveld geniet. Liverpool kom Sondag teen Chelsea te staan voor hulle Arsenal, Brighton en Crystal Palace in hul oorblywende wedstryde pak.
Sokker: Slot sê die wen van Premierliga-titel op Anfield is een van beste dae van sy lewe