# Sokker: Mohamed Salah van Liverpool en Achraf Hakimi van Paris Saint-Germain is onder tien sterre wat benoem is vir die 2025 Afrika-Speler van die Jaar-toekenning. Salah was vierde en Hakimi sesde in die 2025 Ballon d’Or en is die gunstelinge vir die Afrika-toekenning. Benewens Salah, is twee ander Premierliga aanspraakmakers ook benoem naamlik die middelveldspeler Pape Matar van Tottenham Hotspur en Everton doelskieter Iliman Ndiaye, albei Senegalese. Daar is twee benoemdes uit Afrika, die Kongolees Fiston Mayele van die Egiptiese klub Pyramids, en Oussama Lamlioui van die Marokkaanse span Renaissance Berkane.
Sokker: Salah en Hakimi gunstelinge vir Afrika-Speler van die Jaar-toekenning