# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging gaan Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis ‘n nuwe vierjaarkontrak aanbied na ‘n besluit by ‘n onlangse vergadering van die nasionale uitvoerende komitee in Mbombela, Mpumalanga. Ellis, wat die nasionale vrouespan sedert 2018 lei, gaan aan die stuur bly ondanks onlangse uitdagings, insluitend om nie vir die Olimpiese Spele van 2024 te kwalifiseer nie. SAFA se skuif is daarop gemik om stabiliteit te handhaaf en voort te bou op Ellis se prestasies met die senior vrouespan.
Sokker: SAFA bied Desiree Ellis ‘n nuwe kontrak van vier jaar aan