# Sokker: Die Royal Bafokeng Sportstadion naby Rustenburg in Noordwes is waarskynlik die plek waar Bafana Bafana se eerste kwalifiseerder vir volgende jaar se Afrikabekertoernooi op die 26ste van hierdie maand aangebied sal word. Dit sal die eerste wedstryd wees met afrigter Pitso Mosimane in beheer. Mosimane het pas teruggekeer vir ‘n tweede termyn by die nasionale span. Bafana Bafana sal teen Guinee te staan kom, terwyl mede-gashere Kenia en Eritrea ook in Groep D is. Kenia, Uganda en Tanzanië sal die toernooi volgende jaar van 19 Junie tot 17 Julie aanbied.
Sokker: Royal Bafokeng moontlike stadion vir Bafana se eerste Afrikabeker-kwalifiseringswedstryd