# Sokker: Portugal se kaptein, Cristiano Ronaldo, is bevestig as die sport se eerste dollar-miljardêr. Die finansiële inligtings- en mediamaatskappy Bloomberg het die 40-jarige speler se rykdom die eerste keer gemeet en stel sy netto-waarde op 1,4-miljard-dollar – of 24,3-miljard-rand. Dit sluit in salarisse, beleggings en borgskappe, insluitend ‘n borgskap van tien jaar met Nike wat 308-miljoen-rand per jaar werd was. Ronaldo het in 2022 die bes-betaalde speler in die geskiedenis geword toe hy by die Saoedi-Arabiese span Al-Nassr aangesluit het vir meer as vier-miljard-rand per seisoen.
Sokker: Ronaldo word die sport se eerste dollar-miljardêr