Skip to content

Sokker: Ronaldo se tienerseun gekies vir Portugal se onder-15s

# Sokker: Die Portugese held Cristiano Ronaldo se tienerseun het ‘n kans om sy land se onder 15-span die eerste keer te verteenwoordig. Die 14-jarige Cristiano dos Santos speel ook vir sy pa se Saoedi-Arabiese span, Al-Nassr, nadat hy voorheen ook vir Ronaldo se gewese klubs, Manchester United en Juventus gespeel het. Die jong Portugese spelers sal later die maand teen Engeland, Griekeland en Japan te staan kom in die Vlatko Markovic-jeugtoernooi in Kroasië. Cristiano Junior is die oudste van sy pa se vyf kinders.