# Sokker: Die Konfederasie van Afrika-sokker het die prysgeld aansienlik verhoog vir die Afrikabekertoernooi vir vroue wat Sondag in Marokko begin. Die kampioen sal nou byna 33-miljoen-rand ontvang, die naaswenner 12,4-miljoen-rand, en die span wat derde kom 8,2-miljoen-rand. Elkeen van die 16 deelnemende spanne ontvang 2,5-miljoen-rand. CAF se president, Patrice Motsepe, sê die finansiële hupstoot beklemtoon hul toewyding aan groei en die langtermyn-volhoubaarheid van vroue-sokker in Afrika:
Sokker: Rekord-prysgeld vir komende Afrikabeker vir Vroue [KLANK]
ENG MotsepeOnPrizeMoneyIncrease