# Sokker: Vanaand se Groep A Wêreldbeker-wedstryd tussen Suid-Afrika en die Tsjeggiese Republiek is ‘n beslissende ontmoeting nadat beide spanne hul eerste wedstryde verloor het. Bafana Bafana het met 2-0 teen Mexiko in die openingswedstryd verloor, terwyl die Tsjegge met 2-1 teen Suid-Korea verloor het. Suid-Afrika hoop om vir die eerste keer ooit verder as die groepfases te vorder, maar sal vanaand sonder Yaya Sithole en Themba Zwane wees nadat hulle albei ‘n rooikaart teen Mexiko gekry het. Die afskop is om sesuur, Suid-Afrikaanse tyd.
Sokker: Reg-of-weg-wedstryd vir Bafana vanaand teen Tsjeggiese Republiek