# Sokker: Real Madrid se nuwe afrigter, Xabi Alonso, het beloof om groot dinge te doen wat die Spaanse reuse waardig is. Hy glo hy het die energie en opwinding daarvoor. Die 43-jarige voormalige Spaanse speler is aangekondig as Carlo Ancelotti se plaasvervanger nadat die Italianer aangestel is as Brasilië se nasionale breier. Alonso neem die leisels oor voor volgende maand se Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika. Real kon nie hierdie seisoen ‘n groot trofee wen nie. Alonso sê hulle het fantastiese spelers wat ‘n baie goeie toekoms kan verseker.
Sokker: Real se nuwe afrigter glo hy kan presteer wanneer dit saakmaak