# Soccer: Real Madrid het ‘n sesjaarkontrak met die tiener-spelmaker Franco Mastantuono van River Plate gesluit. Volgens die Spaanse media sal die 17-jarige aanvallende middelveldspeler Madrid 933-miljoen-rand kos, terwyl Argentynse berigte spekuleer dat die bedrag selfs 1,2-miljard-rand kan beloop. Mastantuono sal hierdie somer nog vir River Plate in die Klubwêreldbeker in Amerika speel voordat hy na die Spaanse hoofstad verhuis.
Sokker: Real Madrid sluit sesjaarkontrak met tiener-spelmaker