# Sokker: Real Madrid skarrel om Liverpool se verdediger, Trent Alexander-Arnold, te kontrakteer voor die begin van die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika. Die 26-jarige Engelse internasionale speler het gister aangekondig hy beplan om die Engelse klub einde Junie te verlaat. Hy het die Premierliga-kampioen sedert 2016 op senior vlak verteenwoordig nadat hy sedert die ouderdom van vyf vir die klub gespeel het. Die Spaanse reus het Liverpool glo genader om Alexander-Arnold vroeër vry te stel aangesien die toernooi reeds die 15de van volgende maand begin.
Sokker: Real Madrid haastig om Alexander-Arnold te kontrakteer voor begin van Klub-Wêreldbekertoernooi