Skip to content

Sokker: Rashford skitter vir Barca, en Haaland spog met 50ste doel in Kampioenskapsliga

# Sokker: Die vyfmalige wenners, Barcelona, het hulle Kampioenskapsliga-veldtog op ʼn wen-noot afgeskop toe hulle Newcastle United op St James Park met 2-1 verslaan het. Marcus Rashford het twee vinnige doele in die tweede helfte aangeteken, terwyl Anthony Gordon in die 90ste minuut met een geslaag het. Erling Haaland spog met sy 50ste doel in die kompetisie, en Manchester City het Napoli met 2-0 afgeransel. Frankfurt het Galatasaray met 5-1 verpletter, terwyl Leverkusen en Kopenhagen se kragmeting gelykop geëindig het met twee elk.