# Sokker: Paris Saint-Germain is deur na die Kampioeneliga-kwarteindronde na hulle Liverpool met vier strafdoele teen een geklop het op Anfield. PSG moes terugveg van ‘n agterstand van 1-0 in die eerste wedstryd in die ronde van 16. Ousmane Dembele het ‘n doel aangeteken om die gemiddelde telling 1-elk te maak, waarna die strafskopstryd gevolg het. PSG se doelwagter, Gianluigi Donnarumma, het twee van Liverpool se strafdoele afgeweer, terwyl die besoekers met al hulle strafdoele geslaag het. Barcelona, Bayern Munich en Inter Milan is ook deur na die kwarteindronde.
Sokker: PSG, Barcelona, Bayern en Inter Milan deur na die Kampioeneliga se kwarteindronde