Skip to content

Sokker: Premiersliga skop af met vol program vir die naweek

# Sokker: Die Premiersliga-seisoen begin hierdie naweek met ‘n vol program. Die huidige kampioen, Mamelodi Sundowns reis Saterdag na Chippa United vir ‘n wedstryd wat om 3 nm afskop, met Orlando Pirates, verlede seisoen se naaswenners wat om 5.30 nm vir Sekhukhune United in Johannesburg aanvat. Ander belangrike wedstryde die naweek sluit in AmaZulu teen Orbit College, Richards Bay teen Marumo Gallants en Polokwane City teen Magesi. TX Galaxy verwelkom Durban City Sondag in Mbombela om 3 nm, en die naweek sluit af met Stellenbosch FC wat Kaizer Chiefs teen 5.30 nm verwelkom.