# Sokker: Die voormalige Franse held Michel Platini sê sy eer is herstel nadat ‘n Switsere hof hom vrygespreek het aan bedrog. Die 69-jarige en Fifa se voormalige president, die 89-jarige Sepp Blatter, is aangekla oor ‘n raadgewersfooi van 41-miljoen-rand wat Blatter in 2011 aan hom gemaak het. Fifa het albei in 2015 verban. Platini sê hy het duisende boodskappe van ondersteuning ontvang voor gister se appèlverhoor. Sy prokureurs sê Platini het nog altyd beklemtoon dit was ‘n agterstallige betaling, wat nou twee keer in die hof bevestig is.
Sokker: Platini sê sy eer is herstel na onskuldigbevinding aan bedrog