# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se Nasionale Uitvoerende Komitee het Pitso Mosimane as die nuwe Bafana Bafana-afrigter goedgekeur. SAFA-president Danny Jordaan sê sommige administratiewe sake moet nog afgehandel word, met ‘n amptelike aankondiging wat volgende week verwag word. Mosimane sal Hugo Broos vervang, wat onlangs bedank het nadat hy Suid-Afrika na die 2026 FIFA Wêreldbeker gelei het. Bafana het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer die uitklopfase te haal. Mosimane was voorheen in ‘n tydelike hoedanigheid in beheer van Bafana in 2007 en van 2010 tot 2012.
Sokker: Pitso Mosimane volg Hugo Broos op as Bafana Bafana-afrigter