Skip to content

Sokker: Paraguay skok Duitsland en haal Wêreldbeker se laaste 16 saam met Brasilië en Marokko

# Sokker: Die viermalige kampioen, Duitsland, is uit die Wêreldbekertoernooi geskakel toe hy in Boston met strafskoppe teen Paraguay verloor het. Die telling was na bykomende tyd steeds een-elk. Kai Havertz, Nick Woltemade en Jonathan Tah het hul kanse verspeel en Paraguay het die uitspeelstryd 4-3 gewen. Hulle speel in die laaste 16 teen Swede of die tweemalige kampioen, Frankryk. In Houston het Brasilië Japan 2-1 verslaan en pak nou Ivoorkus of Noorweë. Marokko het Nederland 3-2 met strafskoppe geklop en speel volgende in Monterey teen die medegasheer, Kanada.