# Sokker: Ondersteuners in een van die wêreld se grootste sokkermarkte sal wel die Wêreldbeker-wedstryde kan kyk nadat Zee Entertainment van Indië en die wêreldbeheerliggaam FIFA ‘n ooreenkoms gesluit het wat ‘n maandelange dooiepunt beëindig. Finansiële besonderhede is nie bekend gemaak nie, maar FIFA wou glo 1,6-miljard-rand hê vir die Indiese pakkette vir vanjaar en die volgende toernooi in Marokko, Spanje en Portugal voordat die prys tot 975-miljoen-rand verlaag is. Reuters berig die ooreenkoms gee Zee ‘n vastrapplek in Indië se uitsaaimark.
Sokker: Ondersteuuners in Indië sal wel Wêreldbeker kan kyk na ooreenkoms tussen Fifa en Zee