# Sokker: Die wêreld-beheerliggaam, FIFA, sê meer as vyf-miljoen kaartjies is reeds verkoop vir die Wêreldbekertoernooi wat op 11 Junie in Amerika, Kanada en Mexiko begin. ʼn Nuwe besending kaartjies vir al 104 wedstryde is van vandag te koop. FIFA sê afhangende van beskikbaarheid, sal bykomende kaartjies deurlopend beskikbaar gestel word tot die eindstryd op 19 Julie. Vanjaar se toernooi sal na verwagting die bywoningsrekord van 3,5-miljoen oortref wat in 1994 in Amerika opgestel is.
Sokker: Nuwe besending Wêreldbeker-kaartjies beskikbaar nadat meer as vyf-miljoen reeds verkoop is