# Sokker: Noorweë het die vyfmalige kampioen, Brasilië, in New Jersey 2-1 verslaan en die eerste keer deurgedring na die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi. Erling Haaland het in die tweede helfte twee doele aangeteken en Neymar se laat doel vir Brasilië was nie genoeg vir Carlo Ancelotti se span nie. Engeland het die mede-gasheer, Mexiko, 3-2 uitgeskakel en speel nou teen Noorweë. Jude Bellingham het binne 98 sekondes twee doele aangeteken en kaptein Harry Kane het die oorwinning vir Engeland verseker met ‘n strafdoel.
Sokker: Noorweë skok Brasilië, Engeland skakel mede-gasheer Mexiko uit en deur na kwarteindronde