Skip to content

Sokker: Nog sewe Afrika-spanne moontlik hierdie week as Wêreldbeker-finaliste bevestig

# Sokker: Nog sewe Wêreldbeker-deelnemers behoort bevestig te word in hierdie week se Afrika-kwalifiseerders. Bafana Bafana is een van die gunstellinge, maar is nou twee punte agter Benin in Groep C nadat hulle gestraf is weens die gebruik van ‘n geskorste speler. Bafana het egter twee tuiswedstryde en Benin twee wegwedstryde. Daar word verwag dat Egipte sal deurdring wanneer hy môre in Groep A teen Djibouti speel. Algerië benodig slegs een punt in Groep C teen Somalië, terwyl die Kaap Verdiese Eilande vier punte voor Kameroen in Groep D is.