# Sokker: Borussia Dortmund het Sunderland se 19-jarige Engelse middelveldspeler, Jobe Bellingham, tot 2030 gekontrakteer – vyf jaar nadat sy ouer broer, Jude, by die klub aangesluit het. Dortmund het volgens berigte ‘n bedrag van ongeveer 667-miljoen-rand betaal om sy dienste te verseker, die grootste voorbetaling wat die klub nog ooit vir ‘n speler betaal het. Bellingham sê hy is bly dat hy die swart en geel hemp van die klub sal kan dra in die Klub-Wêreldbekertoernooi.
Sokker: Nog ‘n Bellingham-broer teken ‘n reusekontrak met Dortmund voor die Klub-Wêreldbekertoernooi