# Sokker: Brasilië se beste doelskieter, Neymar, het die versekering gegee hy sal gereed wees vir die Wêreldbeker in Noord-Amerika, wat volgende maand begin. Die 34-jarige voorspeler, wat sedert 2010 79 doele in 128 wedstryde vir sy land aangeteken het, glo hy verdien ‘n plek in afrigter Carlo Ancelotti se span nadat hy van ernstige beserings herstel het. Hy het in 2023 laas vir Brasilië gespeel, waarna hy weens ‘n knie-operasie vir ‘n jaar nie gespeel het nie. Ancelotti het vroeër gesê Neymar moet ten volle fiks wees en goed speel om oorweeg te word.
Sokker: Neymar vol vertroue hy sal fiks wees vir Wêreldbeker