# Sokker: ‘n Onsekere toekoms lê voor vir Kobbie Mainoo by Manchester United nadat afrigter, Ruben Amorim bekend gemaak het dat die middelveldspeler met sy kaptein Bruno Fernandes vir ‘n plek in die span meeding. Mainoo, wat vir Engeland speel, is nog nie in die nuwe seisien ingespan nie. Hy het die openingswedstryd wat Arsenal 1-nul gewen het, en Sondag se 1-elk gelykop wedstryd teen Fulham, misgeloop. Amorim het die 20-jarige Mainoo oor die hoof gesien by Craven Cottage toe United probeer het om ‘n wendoel aan te teken.
Sokker: ‘n Onsekere toekoms by Manchester United vir Mainoo