Skip to content

Sokker: Mo Salah van Liverpool is gunsteling om nog ’n groot toekenning te wen

# Sokker: Liverpool se ster-speler, Mo Salah, is een van ses spelers wat benoem is vir die Beroepsokker-vereniging se manspeler van die jaar-toekenning. Die 33-jarige het die vorige seisoen ‘n sleutelrol gespeel in Liverpool se Premierliga-titeloorwinning met 29 doele en 18 bydraes tot doele. Die Egiptiese ster is reeds bekroon as die Sokkerskrywers-vereniging se speler van die jaar. Die ander benoemdes is sy spanmaat Alexis Mac Allister, Declan Rice van Arsenal, Cole Palmer van Chelsea, Newcastle se doelskieter, Alexander Isak, en Manchester United se middelveldspeler, Bruno Fernandes.