Skip to content

Sokker: Messi staan op die punt om ‘n Wêreldbeker- doelerekord te oortref

# Sokker: Argentinië se kaptain, Lionel Messi, mik na ‘n Wêreldbeker-rekord in vandag se groepswedstryd teen Oostenryk in Dallas. Hy het die Duitser Miroslav Klose se rekord van 16 doele in Wêreldbeker-toernooie geëwenaar toe hy ‘n driekuns behaal het teen Algerië. Messi, wat Woensdag 39 word, hoop sy land kan die eerste sedert Brasilië in 1962 word om hulle titel suksesvol te verdedig. Argentinië is tans die voorloper in Groep J, gevolg deur Oostenryk, Jordanië en Algerië. Die afskop in Arlington, Dallas, is sewe-uur Suid-Afrikaanse tyd.