Skip to content

Sokker: Mexiko verseker veiligheid van Wêreldbeker-besoekers na noodlottige skietvoorval

# Sokker: Die mede-gasheer van die Wêreldbekertoernooi, Mexiko, het die versekering gegee besoekers sal veilig wees na ‘n skietery by die geskiedkundige Teotihuacan-piramides wat die lewe van ‘n Kanadese vrou geëis het. Dertien mense is beseer toe die aanvaller losgebrand en daarna sy eie lewe geneem het. Hy is na bewering beïnvloed deur gewelddadige voorvalle in die buiteland. Owerhede het daarna veiligheidsmaatreëls by toeriste-aantreklikhede verskerp. President Claudia Sheinbaum het besoekers se veiligheid gewaarborg. Die eerste plaaslike wedstryd word op 11 Junie in Mexikostad gespeel.