Skip to content

Sokker: Mediabestuurder David Kogan is Britse regering se voorkeurkandidaat vir nuwe rol van reguleerder

# Sokker:  Die Britse regering het die mediabestuurder David Kogan aangewys as sy voorkeurkandidaat om voorsitter te wees van die voorgestelde onafhanklike reguleerder. Die pos sal ingestel word sodra wetgewing gefinaliseer is. Die reguleerder sal die mag hê om afvallige klub-eienaars en -direkteure voor stok te kry en geldsake dop te hou. Die minister vir Kultuur, Media en Sport, Lisa Nandy, beskryf die pos as ‘n belangrike openbare hulpmiddel om te verseker dat finansiële volhoubaarheid versterk en liefhebbers weer in die middelpunt van die spel geplaas word.