# Sokker: Marokko beplan om sy hotel-vermoë vir die volgende Wêreldbekertoernooi met ‘n vyfde uit te brei ná sy goeie vertoning in vanjaar se toernooi in Noord-Amerika. Die Noord-Afrikaland het die kwarteindronde gehaal nadat hy in 2022 die halfeindronde van die toernooi in Katar bereik het. Marokko sal 2030 se Wêreldbekertoernooi aanbied saam met sy bure oorkant die Middellandse See, Spanje en Portugal, terwyl drie wedstryde ook in Suid-Amerika gespeel sal word. Die Ministerie van Toerisme sê hulle wil binne die volgende vier jaar 60-duisend beddens byvoeg.
Sokker: Mede-gasheer Marokko verhoog hotel-vermoë vir 2030 se Wêreldbeker