# Sokker: Kylian Mbappé van Frankryk en Lamine Yamal van Spanje is die groot trekpleisters in vanaand se Wêreldbeker-halfeindstryd in Dallas, Texas. Dis Yamal se eerste toernooi en Mbappé se derde, en die eerste keer ooit dat die twee buurlande in die voorlaaste ronde ontmoet. Hulle enige ander kragmeting in die toernooi wat in die ronde van 16 in 2006. Spanje het al in twee halfeindstryde gespeel en Frankryk in agt. Die wenner speel Sondag in die eindstryd in New Jersey teen Argentinië of Engeland.
Sokker: Mbappé, Yamal die groot trekpleisters in Wêreldbeker-halfeindstryd