Skip to content

Sokker: Mbappé gaan Nasiesliga-wedstryd teen Italië misloop

# Sokker: ‘n Agterkniesening-besering gaan Frankryk se kaptein, Kylian Mbappé, uit vanaand se Nasiesliga-wedstryd teen Italië in Milaan hou. Afrigter Zinedine Zidane sê hy dink nie dis ernstig nie, maar sal niks waag met sy spelskepper nie en hoop eerder hy is fiks vir Sondag se kragmeting met Turkye in Bordeaux. Frankryk is tans boaan Groep A1. Mbappé het sy land se laaste drie wedstryde weens beserings misgeloop. Hy het hierdie seisoen 17 doele aangeteken in alle wedstryde vir sy Spaanse klub, Real Madrid.