# Sokker: Marokko het die wêreldrekord vir agtereenvolgende internasionale oorwinnings tot 16 verbeter met hul 1-0 Wêreldbeker-kwalifiseringsoorwinning oor Kongo in Rabat. Die Fenerbahçe-doelskieter Youssef En-Nesyri het die enigste doel van die wedstryd vir die Atlas Lions aangeteken, wat vroeër vandeesmaand reeds Wêreldbeker-kwalifisering verseker het met ‘n 5-0 sege oor Niger. Die span was in ‘n verrrassende 2022 Wêreldbeker-halfeindstryd en is die eerste Afrika-nasie wat vir volgende jaar se toernooi in die Verenigde State, Kanada en Mexiko gekwalifiseer het.
Sokker: Marokko verbeter rekord met 16 agtereenvolgende internasionale oorwinnings